Swapo moet verantwoording doen vir sy verkiesingsgemors

Ná die bekendstelling van die nuwe geverifieerde Swapo-lyste van die party se sentrale komitee nadat stemme oorgetel is, sê ‘n voormalige Namibiese eerste minister, Nahas Angula, daar is nou meer vrae as antwoorde. Hy wil weet wie die aanvanklike “fiktiewe” lys goedgekeur het en sê dit skep onraad dat vorige verkiesings van die Swapo-kongres ook onreëlmatig was. Angula sê aan Kosmos 94.1 Nuus Swapo sal moet verantwoording doen.