Swapo moet stem vir die beste vir die land, nie die kandidaat nie

Die voormalige Namibiese minister van binnelandse sake, Pendukeni Ivula-Ithana, moedig afgevaardigdes by die Swapo Party se verkiesingskongres aan om te stem vir vrede, eenheid en vir ‘n blink toekoms vir alle Namibiërs. Sy doen ‘n beroep op afgevaardigdes om eerder vir kwessies tydens die kongres te stem. Sy sê dat afgevaardigdes moet kyk na die belange van die Namibiese nasie wat die belangrikste is. Ivula-Ithana sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar moet vir ‘n leier gestem word wat nie net die Swapo Party sal kan lei nie, maar die Namibiese nasie as geheel, wat die ekonomie kan laat herleef.