Swapo-jeugliga stem saam met ANC eise – gee die jeug ‘n plek

Reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat die ANC se kommissaris vir hernuwing, Fasiha Hassan, meer jeugverteenwoordiging in die party se leierskapstrukture eis. Hassan sê 35 persent van die buurland se inwoners is jonk en dus moet hulle ook hul sê kan sê. Plaaslik is daar ook herhaaldelik sulke beroepe op Swapo en volgens die Swapo-jeugliga se sekretaris, Ephraim Nekongo, is hul standpunt dieselfde en reeds ‘n geruime tyd duidelik gemaak. Die jeug moet ‘n politieke rol gegee word.