Swapo-jeugliga van Otjozondjupa vergader

Die Otjozondjupa-streek se Swapo Party Jeugliga-konferensie het Saterdag amptelik op Otjiwarongo afgeskop. Voormalige nasionale sentrale komiteelid, Felix Haingura, het die opening van die konferensie waargeneem, wat ook deur goewerneur James Uerikua en streeksparty-koördineerder, Susan Hikopua, bygewoon is. Altesaam 50 jeugliga-lede van die sewe distrikte, Omatako, Okahandja, Okakarara, Otjiwarongo, Otavi, Grootfontein en Tsumkwe woon die konferensie by, wat 10 afgevaardigdes sal kies om na die jeugliga-kongres in Oshakati in die Oshana-streek te reis wat vir 17 tot 20 Augustus beplan word.