Swapo-hoë sê getuienis in die Fishrot-borgaansoek verbaas haar nie

Die voormalige sekretaris-generaal van Swapo en kabinetsminister Pendukeni Iivula-Ithana sê hulle het geweet daar was ‘n fout, veral met Swapo se geldsake. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus die getuienis by die afgelope twee weke se Fishrot-borgaansoek het haar nie verbaas nie.