Swapo betaal vir begrafnis van ongelukslagoffertjie by Katima Mulilo

Tydens ‘n verkiesingsveldtog verlede maand by Katima Mulilo in die Zambezi-streek, het ‘n ongeluk plaasgevind waarin ‘n tweejarige kind gesterf het. Volgens berigte is die kind deur ‘n ander kind in die pad voor ‘n aankomende voertuig gestamp. Die voertuig behoort aan die Swapo Party. Die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, is vandag in die parlement gevra om oor die voorval antwoorde te gee. Shaningwa het gesê ná konsultasie met die polisie en die oorledene se familie, is ‘n bydrae aan die slagoffer se begrafnis gegee.