Swangerskappe neem toe onder SA se tieners

Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê vroeë swangerskappe is ʼn maatskaplike, gesondheids- en ekonomiese kwessie vir kinders in die land. Volgens die regtegroep het die aantal geboortes onder jong en adolessente meisies tussen tien- en 14 jaar tussen April 2017 en September 2021, met 48,7 persent toegeneem. ʼn Woordvoerder van Amnestie Internasionaal, Genevieve Quintal sê van die 1 764 babas wat op 1 Januarie vanjaar gebore is, was 65 vir adolessente meisies. Volgens haar was die jongste ʼn 13-jarige van die Oos-Kaap: