Swangerskappe groot struikelblok vir akademiese vordering

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysministerie, Sanet Steenkamp, het mans wat skoolmeisies swanger maak, veroordeel. Sy sê meisies wat weens swangerskap skool verlaat, bly een van die groot struikelblokke vir hul akademiese vordering. Steenkamp het gepraat by die afsluiting van die Nasionale Konferensie oor Onderwys in die hoofstad. Sy sê mans wat skoolmeisies swanger maak en hul loopbaan-drome vernietig, moet aanspreeklik gehou word.