Swakopmunders! Stem vir Dorp van die Jaar!

Swakopmund is een van die finaliste in die 2023-uitgawe van die Dorp van die Jaar-kompetisie. Die drie dorpe wat deurgedring het na die eindronde van vanjaar se uitgawe van die Dorp van die Jaar-kompetisie is Swakopmund, Oranjemund en Otjiwarongo. Die kompetisie vorm deel van die Toerisme-ekspo wat tans in die hoofstad aan die gang is. Linda Mupupa, woordvoerder van die Swakopmund-munisipaliteit het ‘n beroep op die inwoners van die dorp gedoen om te stem en die dorp ‘n hupstoot te gee in ‘n poging om die kompetisie te wen.