Swakopmunders moet geduldig wees met water situasie die naweek

Inwoners van Swakopmund moet die naweek geduldig wees met wateronderbrekings wat hulle gaan ervaar. Swakopmund-munisipaliteit het gewaarsku dat daar wateronderbrekings vanaf Sondagaand nege-uur tot Maandagmiddag een-uur op die kusdorp sal voorkom. Die wateronderbrekings is weens ‘n waterpyp wat lek en onderhoud op die waterpyp moet dringend gedoen word. Aili Gebhard, bemarkings- en kommunikasiebeampte van die munisipaliteit gesels met Kosmos 94.1 Nuus.