Swakop ‘sprinclean’

Die munisipaliteit van Swakopmund het Oktober as ‘Springclean Month’ verklaar en doen ‘n beroep op inwoners van die dorp om persele skoon te maak. Indien enige persoon hulp nodig het om groot hoeveelhede rommel weg te ry, sal die dorpsraad ook daarmee help. Aili Gebhardt, die munisipaliteit se kommunikasie beampte het dit so verwoord.