Swaarste reën op Groenland-kruin sedert 1950

Stygende temperature op Groenland se kruin het veroorsaak dat warm lug amper sewe miljard ton water op die ys stort, die swaarste reënval op die ys sedert daar in 1950 met rekordhouding begin is. Dit is die derde keer in minder as ‘n dekade dat temperature tot bo vriespunt gestyg het. ‘n Senior navorsingswetenskaplike by die Nasionale Sneeu- en Ys-datasentrum, Ted Scambos, het aan internasionale media gesê die ysmassa wat verloor is, is sewe keer hoër as gemiddeld vir hierdie tyd van die jaar. Hy sê dit is ongewoon.