Swaar verkeer word aan die einde van die Paasnaweek verwag

Die verkeersvloei op die land se hoofroetes sal volgens die Namibiese Verkeersowerhede môre begin toeneem met mense wat veral van die kusbestemmings en noorde na die hoofstad terugkeer. Motoriste word gevra om versigtig te bestuur en verkeersreëls nougeset na te kom.Verskeie ernstige ongelukke het volgens Nampol tot dusver die paasnaweek op die land se paaie voorgekom.