Swaar verkeer op die land se hoofroetes verwag

Swaar verkeer word vandag op van die land se hoofroetes verwag aan die einde van die langnaweek. Volgens die jongste statistiek van Nampol was daar verskeie noodlottige ongelukke die naweek. Motoriste word gemaan om versigtig te bestuur met verkeersvolumes wat na verwagting later vandag veral op die hoofroetes van die kus en die noorde na die hoofstad gaan toeneem.