Suurstsof: Venaani eis antwoorde by GRN

Die leier van die PDM-party McHenry Venaani sê hy eis vandag antwoorde van President Hage Geingob en die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa Amadhila oor die suurstoftekorte wat op die oomblik regoor die land voorkom. Hy sê dit is reeds moeilik om te aanvaar dat daar nie genoeg inentings is nie maar suurstoftekorte is totaal onaanvaarbaar. Mediese fasiliteite regoor die land gaan gebuk onder die getalle Covid-pasiënte wat behandeling nodig het en talle pasiënte word tuis behandel omdat daar nie plek is in die hospitale nie. Daar word verskeie beroepe op sosiale media platforms deur individue en instansies gedoen vir suurstof en asemhalingtoerusting.