Suu Kyi is op verskeie klagte in Mianmar begenadig
Mianmar se regerende militêre junta het die voormalige leier Aung San Suu Kyi begenadig op vyf aanklagte waaraan sy voorheen skuldig bevind is. Die kwytskelding is deel van ‘n amnestie van meer as sewe-duisend gevangenes om die Boeddhistiese vastyd te vier. Die vyf aanklagte sluit in laster, en oortredings van natuurrampwette, en uit- en invoerwette. Suu Kyi se tronkstraf van 33 jaar sal nou met ses jaar verminder word. Die 78-jarige Nobelpryswenner is verlede week van die tronk na huisarres verskuif.