‘Susan Vosloo is verkeerd’

Die bekende Suid-Afrikaanse hartchirurg dr. Susan Vosloo, het wydlopende reaksie ontlok met haar standpunt op ‘n video, dat mense wat ingeënt is teen Covid ’n groter risiko’s inhou as die virus self en dat almal wat ingeënt word deel van ‘n eksperiment is. Dr. Willie Bruwer, ‘n bekende Namibiese pulmonoloog, het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus opgesom.