Sunak, Macron kom ooreen om hulp aan Gaza te verskaf
Die Verenigde Koninkryk se eerste minister Rishi Sunak en Frankryk se president Emmanuel Macron het ooreengekom om saam te werk om noodsaaklike humanitêre hulp na Gaza te stuur en buitelandse burgers uit die land te neem. Sowat 1 400 mense is in Israel vermoor in ʼn aanval deur Hamas terwyl meer as 8 000 in Gaza dood is nadat Israel met teenaanvalle begin het. Die twee leiers het in ʼn foonoproep saamgestem dat dit belangrik is om nie die langtermyn-toekoms in die gebied uit die oog te verloor nie en veral nie die behoefte aan ʼn tweestaat-oplossing nie.