Suiwelprodusente-vereniging kies nuwe leiers

Alhoewel die Namibiese suiwelsektor op die punt staan om ineen te stort, het die Suiwelprodusente-vereniging tydens sy algemene jaarvergadering vandeesweek nuwe leiers gekies. Dirk van Wyk is die voorsitter en die ander lede is Frikkie Duvenhage, Willie Aggenbach en Pieter van Wyk. Twee produsente het die bedryf verlaat en die impak op die oorblywende produsente kan reeds gesien word. Namibia Dairies het bevestig dat die situasie kritiek is en is tans besig met verskeie maatreëls om koste te bespaar, waaronder salarisbesnydings.