Suiwelbedryf: Calle sê invoerbeperkings tans die beste opsie

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê die plaaslike suiwelbedryf het dringend ingryping van die regering vereis om dit van totale ineenstorting te red. Hy het aangedui dat beperkinge op ingevoerde suiwelprodukte, wat geïmplementeer kan word ingevolge die beskikbare wetgewing, die enigste lewensvatbare kort-termyn maatreël is. Vroeër is daar oorweeg om ‘n staatsubsidie van 2 Namibiese dollar per liter rou melk in te stel om gelyke speelveld vir boere te verseker, maar dit is egter weens finansiële beperkings as onhaalbaar aangesien ‘n Jaarlikse bedrag van ongeveer 40 miljoen Namibiese dollar nodig sou wees.