Suidoos-Asië steier onder Covid-gevalle

Lande in Suidoos-Asië loop deur onder die toename in Covid-19-gevalle en verwante sterftes wat toegeskryf word aan die vinnige verspreiding van die Delta-variant. Viëtnam, Indonesië, Maleisië, Thailand en Mianmar beleef tans die ergste uitbrekings sedert die begin van die pandemie en gesondheidstelsels het byna breekpunt bereik. Die uiters lae inentingskoerse verger die krisis met minder as een persent van Viëtnam se bevolking wat ten volle ingeënt is. Die koerse in Thailand, die Filippyne en Indionesië is onder agt persent.