Suider-Afrikaanse Alkoholbeleidsalliansie hoop politici spreek impak van alkohol aan

Die Suider-Afrikaanse Alkoholbeleidsalliansie het ‘n beroep gedoen op alle nuutverkose wyksraadslede om die skade wat deur alkoholgebruik in hul gemeenskappe veroorsaak word, bo-aan hulle diensleweringsagenda te plaas. Die direkteur van die alliansie, Maurice Smithers, sê hulle hoop politici sal hulle verkiesingsbeloftes nakom en hulle mag gebruik om die impak van alkohol in Suid-Afrikaanse gemeenskappe aan te spreek.