Suide-damme steeds propvol

Damme in die suide van Namibië is steeds propvol met die Nautedam wat 101 persent vol en die Neckartaldam 99,5 persent vol is. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is 1,894 miljoen kubieke meter water uit die Hardapdam vrygestel wat nou 69,8 persent vol is. Uit die Swakoppoortdam is 1,163 miljoen kubieke meter water vrygelaat wat nou 91,5 persent vol is, en 1,101 miljoen kubieke meter water uit die Omatakodam wat nou slegs 24,6 persent vol is.