Suide-damme is propvol

Namibiese damme is gesamentlik 84,7 persent vol teenoor verlede jaar se 88,1 persent die ooreenstemmende tydperk. Volgens die Namibiese dambulletin is die Swakoppoortdam 95,8 persent vol, presies dieselfde as verlede week, en die Von Bachdam is 51,8 persent vol. Die Suide-damme is steeds oorlopens toe vol met die Nautedam 100,7 persent vol, die Neckartaldam 100,1 persent vol en die Hardapdam is 72,2 persent vol. Volgens die Hidrologiese Dienste van Namibië styg die Zambezirivier steeds en was die rivier se vlak vanoggend 4,85 meter. Die Okavangorivier se vlak by Rundu was vanoggend 5,62 meter. Watervlakke in die Cuvelai Iishanas in die Noorde is besig om te sak.