Suide-brand vlam weer op

Die brand in die Suide in die omgewing van Karasburg is deur brandbestryders onder beheer gebring, maar het volgens boere weer opgevlam toe die wind sterk begin waai het. Intussen vra Droogtehulp Namibië vir skenkings om die veldbrande te beveg. ‘n Bekommerde boer vra dat vir hulle gebid word.