Suide-boere is gereed vir erge koue

‘n Massiewe kouefront gaan oor Suider-Afrika beweeg met moontlik sneeu in Suid-Afrika, Lesotho, eSwatini en die suide van Namibië, volgens Snow Report South Africa. Die Windhoekse weerkantoor het ‘n weerwaak uitgereik met winderige en baie koue weer, en selfs reën, wat veral in die Suide, voorspel word. Kleinveeboere en gewasprodusente moet die nodige voorsorgmaatreëls tref. Dolf de Wet, ‘n boer van Grünau in die Karas-streek, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.