Suid-Korea se belangstelling in litium-verwerking is soos manna uit die hemel

Ekonome het gereageer op die nuus dat Suid-Korea belangstel om in die litium-bedryf plaaslik te belê – maar nie vir eksplorasie of ontginning nie, eerder verwerking en prosessering. Lynminister Tom Alweendo het onlangs ‘n verbod op die uitvoer van rou-litium geplaas. Volgens plaaslike ekonoom en kenner in mynwese, Cons Karamata, is die nuus uiters positief omdat Afrika sy minerale hulpbronne reeds jare in rou vorm uitvoer en baie inkomste en werksgeleenthede verloor.