Suid-Korea lanseer sy eerste maan-wenteltuig van die VSA 

Suid-Korea het sy eerste maan-wenteltuig van Amerika af gelanseer. Die Falcon 9 vuurpyl is op ‘n sending van ‘n jaar lank om die maan te bestudeer. Dit gaan tydens die sending ses verskillende instrumente gebruik, insluitend ‘n baie sensitiewe kamera om navorsing te doen, en die maan-oppervlakte te skandeer om moontlike landingsplekke vir toekomstige sendings te bepaal. Die president van die Korea Ruimtenavorsings-instituut, Lee Sang-ryool, sê dit is net die begin, en as hulle meer fokus op tegnologiese ontwikkeling vir ruimtereise, kan hulle Mars in die nabye toekoms bereik.