Suid-Afrikaners wat reeds teen COVID-19 ingeënt is,kry Maandag digitale inentingsertifikate

Miljoene Suid-Afrikaners wat reeds teen COVID-19 ingeënt is, sal Maandag reeds ‘n
SMS ontvang om hulLe digitale inentingsertifikate af te laai.
So sê die waarnemende Direkteur-Generaal van die buurland se Departement van
Gesondheid, Nicholas Crisp.
Dit volg nadat President Cyril Ramaphosa aangekondig het dat die land binnekort die
sertifikate as bewys van inenting gaan uitreik.
Crisp sê mense wat na Maandag ingeënt word sal dan outomaties na hul inenting die
sertifikaat ontvang.