Suid-Afrikaners wag op president Ramaphosa oor strenger koronavirusmaatreëls

Dit is hoogs onwaarskynlik dat Suid-Afrikaners die naweek al gaan hoor of strenger
koronavirusmaatreëls ingestel gaan word in die buurland. Die hoof van die
staatskommunikasie, Pumla Williams, het mense gemaan om boodskappe oor
dreigende veranderings te ignoreer, ná stem- en teksboodskappe op sosiale media
beweer het  ‘n aankondiging is op hande. Volgens Williams vergader die nasionale
koronavirus-bevelsraad, wat enige wysigings aan die regulasies oorweeg, eers
Dinsdag.