Suid-Afrikaners se veiligheid is kwesbaar

Rise Mzansi waarsku Suid-Afrikaners bly kwesbaar vir veiligheids-bedreigings en onrus weens nalatige politici. Volgens die party is niemand nog aangekeer nadat verskeie vragmotors opsetlik aan die brand gesteek is in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo nie. Makashule Gana van Rise Mzansi sê die minister van polisie, Bheki Cele, se teenwoordigheid bied skrale hoop vir enige optrede. Gana beskuldig die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, van versuim om aandag te skenk aan probleme in die vragmotorbedryf.