Suid-Afrikaners sê pryse van Covid-toetse is steeds te hoog

Alhoewel drie van Suid-Afrika se grootse patologie-groepe nou aangekondig het dat hulle die prys van Covid-toetse sal verlaag, glo baie Suid Afrikaners dié verlaagde pryse is steeds te hoog. In sommige gevalle betaal inwoners tot 1 000 rand vir elke polimeer-ketting-reaksie-toets wat hulle laat doen. Gister het die land se Mededingingslommissie aangekondig dat hy ‘n ooreenkoms met Ampath en Lancet gesluit het om die pryse vir dié toetse van 850 rand tot 500 rand te verlaag. Path-Care het ook vroeër vandag gesé hy sal ook nou sy Covid-toets se prys tot 500 rand verlaag. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, vertel meer.