Suid-Afrikaners se aftree-spaargeld kan dalk tydens pandemie help

Die Suid Afrikaanse tesourie sê dit is nou in gesprek met verskeie rolspelers om Suid-Afrikaners in die toekoms toe te laat om toegang tot ‘n gedeelte van hul aftree-spaargeld te kry om hulle te help om die Covid-pandemie te deurstaan. Volgens die minister van finansies, Tito Mboweni, is die saak reeds op verskeie regeringsvlakke bespreek. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, vertel meer.