Suid-Afrikaners bekommerd oor misdaad, meer as korrupsie

Die meerderheid Suid-Afrikaners is steeds meer bekommerd oor misdaad as enigiets anders. Dit was die bevinding van ‘n meningspeiling deur BrandMapp onder 30 000 Suid-Afrikaners in die middelinkomste-groep oor bekommernisse wat hulle slapelose nagte besorg. Korrupsie is tweede op die lys. Die direkteur van storievertelling by BrandMapp, Brandon de Kock, sê angstigheid oor misdaad en korrupsie kon nie oorskadu word deur ‘n hoogsaansteeklike virus wat regoor die wêreld versprei nie: