Suid-Afrikaanse spanne sukkel teen noordelike halfrond-teenstanders

Rugby: Suid-Afrikaanse spanne sukkel teen hulle noordelike halfrond-teenstanders in
die Verenigde Kampioenskap. Die Curriebeker-kampioene, die Bulls, het gisteraand
hulle tweede nederlaag gely toe hulle met 37-4 deur Connacht in Galway, Ierland
verslaan is. In Llanelli, Wallis, kon die Lions nie die mas opkom teen die Scarlets nie,
wat hulle met 36-13 kafgedraf het. Vanmiddag meet die Sharks kragte met die Glasgow
Warriors in Edinburgh, Skotland, terwyl die Stormers vanaand teen Munster in Limerick,
Ierland, te staan kom.