Suid-Afrikaanse regering se webtuiste stort ineen

Die Suid-Afrikaanse agentskap van staatsinligtings-tegnologie, Sita, sê veselkabel-skade het die ineenstorting van die buurland se regering se webtuiste veroorsaak, en nie kuber-aanvalle nie. Die onderbreking op die webtuistes volg slegs ‘n dag nadat die Departement van Justisie aangekondig het ‘n sekerheidsbreuk het sy inligtingstegnologie-stelsel onderbreek. Sita sê verskeie webruimtes van die regering, insluitend die Presidensie, Finansies en Binnelandse Sake, was gister ‘n paar uur af. Die dienste is sedertdien herstel.