Suid-Afrikaanse Raad van Kerke gekant teen opening van kerke

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke waarsku teen die heropening van kerke te midde van die derde Covid-19-vlaag. Die organisasie se susterkerke in Tshwane is steeds gekant teen sommige kerkleiers se oproep dat die regering plekke van aanbidding oopstel. ‘n Woordvoerder van die raad, Joseph Chabangu, sê hy distansieer hom van enige pleidooi ten gunste van die voortydige heropening onder die huidige omstandighede. Hy het sy toewyding uitgespreek om deur sy voorbeeld te lei in die stryd teen Covid-19. Hy sê die raad sal op verdere riglyne van die nasionale en provinsiale kantore wag.