Suid-Afrikaanse pensioenarisse kry koopbewys as hulle inent

Soos MTC aan Namibiërs data-koopbewyse gee om hulle aan te moedig om teen Covid-19 in te ent, gee die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid koopbewyse van 100 rand aan mense ouer as 60 jaar wanneer hulle hul eerste Covid-inenting ontvang. Die hoofdirekteur Lesley Bamford sê die departement se primêre teiken is die kwesbaarstes in die gemeenskap met ‘n groter risiko om Covid-19 op te doen. Bamford het klemtoon die koopbewys is eers beskikbaar ná die persoon ingeënt is.