Suid-Afrikaanse leerlingvlienier se ongeluk by Omaruru ondersoek


‘n Suid-Afrikaanse leerlingvlieënier met ‘n vliegtuig van die Swakopmund-vliegskool het Saterdag omstreeks vier-uur die middag by Roidina Lodge se vliegveld naby Omaruru tydens ‘n landing en onmiddellike opstyging glo ‘n dwarswind sowat tien voet bo die grond getref, wat die Piper Cherokee-vliegtuig in die bosse laat beland het. Volgens die vliegtuigongelukondersoekbeampte, kaptein Oskar Plichta, is die vliegtuig se vlerke mors-af deur die bosse afgebreek. Die 44-jarige vlieënier wat alleen in die vliegtuig was, het kop- en rugbeserings opgedoen. Hy is na die Omaruru-staatshospitaal geneem, na Swakopmund vir verdere behandeling oorgeplaas en is in ‘n stabiele toestand. Die ondersoek deur die direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke in die ministerie van werke en vervoer duur voort.