Suid-Afrika stel digitale Covid-inentingsertifikate bekend

Die buurland se gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê sy departement het begin met die ontwikkeling van ‘n digitale Covid-19-sertifikaat wat oor ‘n week aan ingeënte Suid-Afrikaners beskikbaar sal wees. Hy sê dit is in lyn met die Wêreldgesondheidsorganisasie se inentingsertifikaat wat ‘n standaard-sertifikaat vir alle lande wil gebruik, om die moontlikheid van bedrog te voorkom. Phaahla het die land vandag ingelig en gesê die sertifikaat sal bedrog verminder, deur middel van ‘n slimfoon beskikbaar wees en uitgedruk kan word: