Suid-Afrika se goue-meisie bly in die nuus

Olimpiese Spele: Gelukwense en lof stroom steeds in vir die nuwe goue-meisie van swem in Suid-Afrika, Tatjana Schoenmaker, nadat sy gister goud in die 200-meter borsslag verower het, en dit nogal in ‘n nuwe wêreldrekordtyd. Die voorsitter van die buurland se Parlement se portefeuljekomitee vir Sport, Kuns en Kultuur, Beauty Dlulane, sê hulle is opgewonde dat sy Suid-Afrika se eerste goud verdien het op die manier wat sy dit gedoen het in ‘n nuwe wêreldrekordtyd.