Suid-Afrika se bevolking het gegroei tot 60,6 miljoen

Daar word beraam Suid-Afrika se bevolking het oor die afgelope jaar toegeneem tot 60,6 miljoen. Bevolkingsberamings in die middel van die jaar dui op ‘n toename van ongeveer 640 000 mense. Volgens Statistieke SA het Gauteng steeds die grootste deel van die Suid-Afrikaanse bevolking, terwyl KwaZulu-Natal die tweede meeste mense het, met ‘n beraamde 11,54 miljoen. Die opwaartse groeikoers dui daarop dat die bevolking wêreldwyd en in Suid-Afrika groei, ondanks die uitwerking van Covid-19.