Suid-Afrika sê Afrika-unie moet ingryp by Guinee

Die Suid-Afrikaanse regering het sy kommer uitgespreek oor die situasie in die Republiek van Guinee in Wes-Afrika ná gister se vermeende staatsgreep. Clayson Monyela van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, vra dat President Alpha Condé onmiddellik vrygelaat word en dat die Afrika-unie ingryp om vinnig bestendigheid te verseker.