Suid-Afrika sal nog miljoene mense moet inent om doelwit voor Desember te bereik

Suid-Afrika sal 18-miljoen mense voor Desember moet inent om die president se doelwit om 70-persent van die bevolking voor Desember in te ent, te laat realiseer. Dis volgens die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, wat by ‘n weeklikse Covid-19 inligtingsessie gepraat het. Tot dusver is meer as 10,5 miljoen mense ingeënt. Phaahla sê as die syfer ontleed word, wys dit Suid-Afrika is ver agter sy teiken vir inentings.