Suid-Afrika hou op 1 November verkiesing

Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het aangekondig Suid-Afrikaners gaan op Maandag, 1 November, in die plaaslike regeringsverkiesing stem. Sy het die jongste inligting oor die planne vir die verkiesing bekendgemaak. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie gaan op 18 en 19 September ‘n spesiale kieserregistrasie-naweek hou. Die minister sê die verkiesingsdatum sal op die 20ste in die Staatskoerant gepubliseer word.