Suid-Afrika het wéér die naweek beurtkrag

Eskom het aangekondig dat fase 2-beurtkrag vanaf vyfuur vanmiddag tot tienuur vanaand ingestel sal word. Dit volg te midde van die voortdurende tekort aan opwekkingsvermoë gedurende spitstye saans. Die kragreus sê eenhede sal na verwagting vanmiddag en oor die naweek weer in werking wees. ‘n Woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê Eskom kan die beurtkrag-fase enige tyd aanpas.