Suid-Afrika gaan bewusmakingsveldtog vir inentings van stapel stuur

Die departement van gesondheid hoop om Suid-Afrikaners se huiwerigheid om ingeënt te word, te takel. Minister Joe Phaahla het die media vandag toegespreek en sê die departement moet nóg programme van stapel stuur om mense van inenting bewus te maak. Hy voeg by mense moet leer die inenting is veilig.

Die minister sê ook die land het groot vordering gemaak om die verkrygingsproses te verbeter en genoeg entstowwe te verseker.