Suid-Afrika amptelik uit die derde golf van Covid-19

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes van Suid-Afrika sê die buurland is uit die derde golf van Covid-19. Die nasionale sewe-dae bewegende gemiddelde daaglikse gevalle neem steeds af, met volgehoue afnames in al die provinsies. Gister is een-duisend-634 nuwe gevalle aangemeld. Die meerderhied is van KwaZulu-Natal, gevolg deur die Wes-, Noord- en Oos-Kaap. Nog 34 sterftes is aangemeld en dit bring die totale getal sterftes op 87-duisend-en-een te staan.