Styging vir sondebelasting net ‘n geleentheid vir misdadigers

Die stigter van Tax Justice South Africa, Yusuf Abramjee, waarsku die skerp verhoging in sondebelasting wat in die buurland se begroting aangekondig is beteken nóg ‘n groot betaaldag vir misdadigers in onwettige handel en groter ellende en swaarkry vir wettige sakeondernemings. Die pryse van alkohol en tabakprodukte word van volgende maand met tussen 4,5 en 6,5 persent verhoog. Abramjee sê misdadigers wat onwettige alkohol en sigarette vervaardig en verkoop, maak miljarde rande sonder enige oënskynlike optrede teen hulle: