Stygende inflasie het grootste impak op armstes  

Die Internasionale Arbeidsorganisasie se Wêreldloonverslag toon dat stygende inflasie ’n groter lewenskoste-impak op laerinkomsteverdieners het. Dit is omdat hulle die meeste van hul besteebare inkomste aan noodsaaklike goedere en dienste bestee, wat oor die algemeen groter prysstygings ervaar as nie-noodsaaklike items. Die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die impak wat dit op die man op straat het.